An ode to water

Jasmine Uys, Athlone

Sy stap na die kraan

En stort dan ‘n traan

Sy moet water kry

Maar vergeefs draai sy

Net ‘n sis geluid kom uit

Die kinders huil

Die wasgoed is vuil

G’n water om te drink

Vuil wasgoed wat wink

Vader tog, hoe lank nog?

Voordat dit reen?

U weet alleen.